Archive for the ‘Hier en daar en oraloor …’ Category

XS 800 – for mowers, motor bikes or jet skis – CTEK SWEDEN AB.

  En dan kry jy hierdie … Dieselfde ou die volgende dag … Ek wou nou nie ‘n facebook argument begin nie, maar was lus om die volgende te plaas …

Ek het besluit om hierdie pos vir homself te laat praat d.m.v. die foto’s daarin. Al die foto’s is in die Kongo geneem en wys wat die plaaslike inwoners alles vir ons so op hul koppe langs die treinspoor te koop aanbied …

Meestah! Meestah! – Meestah! Meestah! – die skakelmeganisme wat my brein in ‘n rat skop waarin hy kreatief dinge begin bedink soos moord, doodslag en lelik seermaak. Seermaak of doodmaak soos in nekomdraai voortspruitend uit die magtelose frustrasie van die situasie wanneer die gebruiker van die gewraakte woorde net aanhou en aanhou sonder ophou, ure [...]

Kongo. Die Kongo. Demokratiese Republiek van die Kongo, voorheen Zaïre en ‘n paar ander name soos die plek oor die laaste jare heen geheet het. Lubumbashi, Likasi, Luena, Kamina, Mwene-Ditu, Kananga en Mweka, algar deel van die enigste spoorverbinding tussen die noordelike deel en die suidelike deel van die derde grootste land in Afrika. Dis [...]

Daar is net sestien onse in my pond en wanneer ek sê dat ek nie een van julle is nie, en ook nie een van hulle nie, bedoel ek presies net dit. Meningsvormers en opiniehouers is baie geneig om almal wat nie met hul sienswyse saamstem nie, en nie hul uitkyk op die lewe deel [...]

Ek is sedert verlede jaar September werksaam in die Demokratiese Republiek van die Kongo, of sommer DRK of Kongo, en sal eers weer teen middel Mei terug wees in Durban. Eerste gewaarwording hier was dat dit kompleet lyk asof die beskawing die plek so vyftig jaar gelede net so gelos het om maar te vergaan [...]

Pos ek vanoggend met Live-writer vir die eerste keer in ‘n lang tyd iets op my blog om te sien of alles nog werk en kom toe later agter dat ander veranderings wat ek gemaak het, die pos op facebook laat verskyn. Om te sien wat nou eintlik aangaan, probeer ek toe op die blog [...]

Hierdie keer, so hoop ek, is die rede vir my lang wegbly van die blog meer aanvaarbaar. Ek sit naamlik in die DRK, Demokratiese Republiek van die Kongo, vir die afgelope ses maande en het nou vir die eerste keer behoorlik op die internet kon kom. Stadig en sporadies, maar darem. As jy my op [...]

As ek my kom kry, het daar alweer ‘n jaar of meer verloop sedert ek laas iets hier geplaas het. Net ekself is hiervoor te blameer, maar die enigste kere wat ek wel hier uitkom, is wanneer ek regtig niks anders het om te doen nie. Die sokker wêreldbeker wedstryde is almal klaar gespeel, en [...]